BOEKBESKRYWING   |   INHOUDSOPGAWE   |   DIE SKRYWERS   |   BESTEL

       

Die skrywers:

Pierre-André Viviers

Prof Pierre-André Viviers is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom kampus) en het sy PhD-graad voltooi binne die meting van volhoubaarheid van kunstefeeste. Hy is tans geweldig betrokke by meeste van die kunstefeeste se navorsing en publiseer gereeld die navorsing in geakkrediteerde akademiese joernale. Hy het ook al 15 keer weggestap met die trofee vir beste nuutgeskrewe teks asook die beste regie tydens die Noordwes-Universiteit se Thalia-toneelkompetisie. Hy is ook 6 keer aangewys as die beste skrywer en afrigter binne die vertolkingskategorie tydens die Standardbank en Alumni Kampustalentfees.


Sy toneeltekste is geweldig gewild onder skole en universiteite en word gereeld by DALRO getrek en in verskeie kompetisies en dramadepartement-eksamens opgevoer. Hy maak ook deel van die ATKV Tienertoneel se beoordeelaarspaneel tydens die 2007, 2008, 2009, 2010 & 2012 uit. ʼn Wye verskeidenheid van sy tekste was al op die planke by vele van ons Suid-Afrikaanse Kunstefeeste soos Aardklop, Vryfees en Woordfees. Pierre-André verwerf in 2012 en 2014 die ATKV se CR Swart-goue erepenning vir onderskeidelik ‘Hartskelder’ en ‘Droom’. In die tydperk, 2013-2015, was 6 van sy tekste onder die top 10 ATKV tienertonele wat in die finale optrede by die Clover Aardklop Kunstefees op die planke was. Van sy sketse is ook opgeneem in die bundel ‘In die kollig’ wat deur Lapa-uitgewers uitgegee is. Drama vloei sterk deur sy are en hy glo dat logiese denke jou van punt A na punt B kan kry, maar die verbeelding vat jou na enige plek!

Johann Smith

Johann Smith is ‘n skrywer van, onder andere, toneelstukke, draaiboeke, lirieke en tydskrifartikels. Hy het reeds twee maal die ATKV CR Swartprys vir toneeltekste ontvang: 2008 vir Virrie Voëls en in 2012 vir Naam?.

Hy was ook 'n draaiboekskrywer vir die gewilde sepies 7de Laan en Binnelanders.

Johann se toneeltekste word gereeld by die ATKV Tienertoneel gebruik en sy nuutgeskrewe tekste dring dikwels deur na die landswye finaal op Aardklop. ‘n Aantal produksies is reeds by die Tienertoneel finale opgevoer sluit in:
• Copra: ‘n blah-blah-blah babbelvertoning (2005)
• Virrie Voëls (2007) behaal ‘n tweede plek landswyd.
• Reis, vleis en gebakte klippe (2008)
• Hand in eie kies (2009)
• 777 (as mede-skrywer) (2010)
• Streng Geheim (2012)
• Danny Twist (2013)
• Hospitaner (2015)

Johann het 'n Meestersgraad in Kommunikasiebestuur en is, onder andere, 'n dosent in Inligtingstegnologie.
 

Om die boek te bestel, klik hier.

Vir enige navrae, kontak planke@etzacorp.co.za.