BOEKBESKRYWING   |   INHOUDSOPGAWE   |   DIE SKRYWERS   |   BESTEL

       

Klik hier vir die inhoudsopgawe.

Oppi-planke

Pierre-André Viviers en Johann Smith

 

Beskrywing:

Oppi-planke is geskep uit 'n dors wat daar bestaan in Suid-Afrika na nuwe Afrikaanse toneeltekste. Hierdie boek is met die spesifieke doel saamgestel om nuwe en vars materiaal beskikbaar te stel wat ons tiener-akteurs kan gebruik om vlerke te gee aan hul liefde vir toneelspel en die teater. Hierdie boek bevat monoloë, dialoë, samesprake en gedramatiseerde prosatekste wat ons tienerakteurs kreatief kan stimuleer en uitdaag om die hysbak tot ver verby die heelboonste verdieping te neem. Hier is ook kosbare wenke tussen die bladsye weggesteek wat jou kan help om jou toneelspel te verbeter. Geniet die sketse, maak hulle jou eie, laat nuwe karakters onder jou vel intrek en wees die beste gasheer en gasvrou ooit! Mag elke verhaal en dialooglyn jou ver wegvoer op ontdekkingsreise na al die plekke waar drome uitgebroei en weggesteek word. Jou paspoort na die plek net duskant die hemel. Dis nie oppi aarde nie. Dis ook nie onder die see nie en glad nie oppi maan nie... dis Oppi Planke!

Jaar: 2016

Bladsye: 180, sagteband

Koste: R155 (posgeld uitgesluit)

Bestellings:

  • Om die boek te bestel kan u die bestelvorm invul.

  • 'n EFT betaling moet gemaak word voordat die boek versend word.

  • Let asseblief daarop dat 'n boek eers versend sal word nadat die betaling in ons bankrekening reflekteer.Dit mag 'n dag of twee neem.

Vir enige navrae, kontak planke@etzacorp.co.za.